Local sportSport

Grizzlies gereed vir groot seisoen in 2018

Tuine Sportklub se Grizzlies rugbyspanne glo dat hulle vanjaar selfs kan verbeter op die sukses van die 2017 seisoen.

Beamptes van die Blou Bulle Rugby-unie het die afgelope week nog koppe bymekaar gesit in die raadsale van Loftus Versfeld om die finale klubrugby program vir 2018 te finaliseer, maar by die Tuine Sportklub is die Grizzlies se spanne reeds gereed vir aksie.

By dié klub word daar reeds sedert vroeg in Januarie in alle erns voorberei vir die nuwe seisoen. Met Rekord se besoek aan die klub het meer as ‘n honderd spelers gesweet om fiks te word vir die eerste vriendskaplike wedstryd teen die Northam Rhinos, wat op 10 Februarie gespeel sal word.

Die Grizzlies se spanne het verlede jaar puik presteer in die Blou Bulle se Carlton-B liga. Hoewel onderhandelings teen druktyd nog aan die gang was, het Jaco Olivier, voorsitter van die Tuine Sportklub, aan Rekord gesê dat hulle gereed is vir die nuwe bedeling in plaaslike klubrugby.

Die klub sal vanjaar weer drie senior- en twee junior spanne vir die Blou Bulle se ligas inskryf. Die juniors (o.20 en o.21) speel in die Carlton A-liga teen top klubs soos Tuks, Naka Bulle en Centurion. Die senior spanne sal weer in die Carltonbeker B-liga kompeteer, terwyl daar steeds ’n moontlikheid bestaan vir ’n nuwe liga waarna dié spanne bevorder kan word.

Groot opgewondenheid heers ook tans onder Grizzlies se o.20’s, wat binnekort op hul toer na die Kaap sal vertrek. Hulle sal vier wedstryde speel en ook die toer gebruik om die span se gees op te bou vir die strawwe liga wat voorlê.

Olivier het Rekord verseker dat die Grizlies spog met puik afrigters, wat oral in aanvraag is. Verskeie van die klub se afrigters was ook al by verteenwoordigende spanne betrokke. So byvoorbeeld was die klub se hoofafrigter, Kobus Lottering, verlede seisoen die hoogafrigter van die Blou Bulle se Platteland span.

Braam Pretorius, voormalige Curriebeker speler van die Valke en die Pumas, wat ook diep spore in die Blou Bulle se Carltonliga getrap het, sal vanjaar ook deel wees van die Grizzlies se afrigtingspan. Pretorius sal al die klub se spanne bystaan af aanvals- en strategiese spesialis.

Spelers wat nog nie ’n klubtuiste vir die komende seisoen gevind het nie, word genooi om by die Grizzlies aan te sluit. Oefeninge vind op Dinsdae, Woensdae en Donderdae om 18:00 plaas by die klub se velde op die hoek van Ds Krige en Jennings strate (langs Van Der Hoff Weg) in Hermanstad.

Skakel Jaco Olivier by 073-179-5573 of Johan Beukes by 079-247-0501 vir meer inligting.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button