Speel saam met Lynx Ringbalklub en word fiks as gesin
Die Lynx Rinbgalklub nooi belangstellendes in die Moot area om by die klub aan te sluit.
Die nuwe ringbal seisoen is hier en die Lynx Ringbalklub se spelers is reeds hard aan die oefen om fiks en vaardig te word vir dié uitdaging.
‘n Woordvoerder van die klub, Laurika Willemse, het aan Rekord gesê dat dié sport nie net die ideale geleentheid is vir die hele gesin om fiks te word nie, maar dat nuwe vriendskapsbande ook een van die voordele vir klublede is.
Die klub het verlede jaar goed presteer in amptelike kompetisies en hulle hoop om vanjaar selfs beter te doen.
Ringbal is ‘n gesinsport waaraan almal kan deelneem. Belangstellendes kan die klub se oefeninge bywoon op Maandae en Woensdae by Korfbal Park op die hoek van 10de laan en Frederikastraat.
Juniors (tot 13 jaar) se oefeninge begin om 18:30, terwyl die seniors teen 18:45 begin.
Spelers moet gemaklike tekkies saambring en verkieslik ‘n waterbottel vir die dors.
Navrae kan gerig word aan Laurika Willemse by 082-973-4609 of Joanne Vorster by 071-163-6267.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
