Local sportSport

Grizzlies begin nuwe liga met twee puik oorwinnings

Die Grizzlies rugbyspanne het vanjaar se seisoen op ‘n hoë noot begin en dit lyk of hulle baie goeie rekenskap van hulself gaan gee in die Blou Bulle se nuwe Presidentsliga.

Tuine Sportklub se Grizzlies rugbyspanne het hul seisoen op skitterende wyse begin in die Blou Bulle se nuwe Presidentsliga.

Dié liga is ‘n nuwe instelling net onder die interprovinsiale Superliga, waarin top Carltonbekerklubs se tweede spanne kompeteer met uitgesoekte klubs van die gewese Eerste liga (Carlton B-liga).

Grizzlies neem in hierdie liga deel met drie senior spanne en hul o.20-span.

Ná verlede seisoen se groot sukses van al Grizzlies se spanne, het hulle vanjaar onmiddellik voortgebou op hul vorige sukses. Die klub was vroeg al aktief en het onder andere internasionale rugby teen Zambië gespeel as deel van hul voorseisoenprogram.

Tydens die eerste rondte van die nuwe Presidentsliga het twee van Grizzlies se spanne met hul teenstanders van Quins-Bobbies (QBR) afgereken. Die eerste span (24-22) en derde span (28-5) het hul teenstanders van die huidige Carltonbeker-kampioen geklop, terwyl Grizzlies se tweede span ’n klipharde stryd teen QBR met 10-24 verloor het.

Die afgelope naweek het Grizzlies se eerste span gewys waartoe hull werklik in staat is en hoe deeglik hul afrigters, Kobus Lottering, Gerhard Du Plessis en Braam Pretoruis hulle vanjaar voorberei het, toe hulle Tuks se Fezelas verrassend met 24-21 geklop het.

Tuks se Pumas het Grizzlies se tweede span net-net met 19-15 geklop.

Eerskomende Saterdag reis die Grizzlies spanne na hul bure in die Moot, wanneer hulle teen ABE Naka Bulle op laasgenoemde se tuisveld te staan kom. ABE Naka Bulle se spanne is ook baie goed op dreef en die Grizzlies sal hul spelpeil nog ‘n paar kerwe moet lig as hulle wil voortbou op hul sukses van die afgelope weke.

Grizzlies se Facebook TV kanaal is ook weer aktief en hul tuiswedstryde word daarop uitgesaai. Die kanaal (Grizzlies TV) beskik ook oor opnames van die onlangse No Limit Rugby Wars klubrugbytoernooi, wat by Tuine Sportklub aangebied is, terwyl die opwindende wedstryd teen Tuks Fezelas ook op dié blad gesien kan word.

https://www.facebook.com/GrizzliesTV/videos/2032875570063193/

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button