Local sportSport

Pretoria Rugbyklub herleef

‘n Groep sakemanne en rugby-administrateurs het hande gevat om die roemryke Pretoria Rugbyklub te laat herleef en dié klub speel vanjaar vir die eerste keer in meer as vyf jaar weer in de Blou Bulle se ligas.

Die Pretoria Rugbyklub het na verskeie dormante seisoene onlangs herleef en as dit van die manne agter die ‘nuwe’ Pretoria rugbyklub afhang sal dié klub binnekort weer tot sy voormalige gloriedae herstel word.

Pretoria Rugbyklub is een van die oudste klubs onder die jursidiksie van die Blou Bulle. Die klub het die Carltonbeker verskeie keer in die verlede gewen en in sy gloriedae het Pretoria ook verskeie Bloubul legendes en Springbokke opgelewer.

Weens veranderende tendense in klubrugby het klubs soos Pretoria sedert die begin van die professionele era swaar begin trek. Pretoria het probeer vasbyt, maar soos baie ander gevestigde Carltonbeker klubs van die verlede het dié klub se getalle begin krimp, totdat Pretoria sowat agt jaar gelede hul Carltonbeker status verloor het.

Daarna het die klub dormant geraak en op ‘n stadium het die gewese Pretoria Polisie Rugbyklub hul fasiliteite gebruik.

‘n Paar sakemanne het egter einde verlede jaar hande gevat met rugby-administrateurs en besluit om Pretoria Rugbyklub te laat herleef. Ná ‘n ooreenkoms met die Pretoria Sportunie, wat die klubterrein beheer, is daar aan die werk gespring om die klub weer op te bou.

Volgens die nuwe klubbestuurder, JJ Botes, was die belangstelling van die begin af goed en hulle het reeds drie senior spanne by die Blou Bulle se Carlton B-liga vir die 2018 seisoen ingeskryf. Die klub sal ook die tuiste wees van die bekende Mustangs Akademie, wat ‘n onder 20 span vir die Blou Bulle se liga sal inskryf. Die Mustangs het hul seisoen afgeskop met ‘n oorwinning oor die sterk span van die Grizzlies van Tuine Sportklub.

Die bekende Jaco Basson, wat jare se ondervinding as afrigter het, sal Pretoria Rugbyklub se voorsitter en  hoofafrigter wees, terwyl prof. Neels van Heerden (voorheen betrokke by TUT se rugbyklub) as president van Pretoria gekies is. Prof Van Heerden is self ‘n baie ervare rugby-administrateur, wat goud werd kan wees vir die klub.

Botes glo die situasie in klubrugby het baie verander oor die afgelope dekade en volgens hom sal ‘n goed bemarkte gemeeskapklub weer spelers trek. Dít is presies wat hy en sy kollegas by Pretoria Rugbyklub beplan om te doen.

Volgens Botes het hulle planne om die klub te ontwikkel en ‘n nuwe restaurant- en kuierarea word reeds aangebou waar die bekende ou lapa op langs die klub se velde gestaan het.

Vir meer besonderhede oor die Pretoria Rugbyklub, besoek hul Facebook blad of skakel JJ Botes by 082-777-5777.

 

https://www.facebook.com/PretoriaRugbyClub/videos/1164923310276965/

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button