Local sportSport

Pretoria se dryfhou kampioen jag nog ‘n titel

Uitdun kompetisies om Suid-Afrika se ‘Long Drive’ kampioen te kroon word eersdaags by ‘n gholf landgoed naby Pretoria aangebied.

Dis weer tyd vir die nasionale ‘Long Drive’ kampioenskap en Erik van der Walt van Pretoria, die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, is gereed om sy titel te verdedig.

Van der Walt het dié titel reeds drie keer gewen, terwyl hy ook by twee geleenthede onder die top tien by die wêreldkampioenskap geëindig het. Hy het Suid-Afrika reeds by wêreldkampioenskappe in lande soos Engeland, Amerika, Jamaika en Swede verteenwoordig.

Dié sakeman van Centurion spog met ‘n rekord langste dryfhou van 413 meter. Hy het egter aan Rekord gesê dat hy heelwat uitdagers verwag by die plaaslike kampioenskap en dat hy gereed is om sy eie rekord te verbeter en weer as nasionale kampioen gekroon te word.

Nadat die kompetisie die afgelope drie jaar nie in Suid-Afrika aangebied is nie, het IGANZ Suid-Afrika, die plaaslike filiaal van die organisasie wat wêreldwyd hierdie gewilde ‘Long Drive’ kampioenskap aanbied, besluit om vanjaar weer ‘n Suid-Afrikaanse kampioen aan te wys. ‘n Deel van die kampioen se prys is sy inskrywing en reiskoste na die IGANZ wêreldkampioenskap wat vanjaar vanaf 30 Augustus tot 5 September in Texas in Amerika sal plaasvind.

IGANZ Suid-Afrika bied op 23 Junie en 14 Julie vanjaar twee uitdunrondtes aan om die Suid-Afrikaanse kampioen te bepaal. Die kompetisies sal aangbied word by die Serengeti Golflandgoed tussen Pretoria en Kemptonpark.

Van der Walt is ook betrokke by die organisering van die kompetisies en enige belangstellende persoon wat glo dat hy as Suid-Afrika se verste slaner op ‘n gholfbaan gekroon kan word, is welkom om hom te kontak by erik.vdwalt89@gmail.com of 082-490-3252 vir meer besonderhede.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button