Local sportSport

Die Vorster broers ryg die drieë in op die rugbyveld

Die Vorster-broers van Pretoria is vanjaar as kombinasie een van Korrektiewe Dienste se geheime rugby-wapens in die Blou Bulle se Carlton B-liga.

Die drie Du Preez broers van die die Sharks was onlangs in die nuus toe hulle aldrie deel geword het van Rassie Erasmus se Springbok groep, maar dié seuns van Robert du Preez senior is nie die enigste broeder-driemanskap wat vanjaar saam in ‘n groen trui op die rugbyveld uitdraf nie.

Pretoria het ook drie broers wat weekliks skouer-aan-skouer hul teenstanders terroriseer op die rugbyveld. Hulle is die Vorster-broers en dié drie is ook ‘n gedugte trio in die bekende groen rugbytruie van Korrektiewe Dienste.

Jan, Nico en Fanie Vorster het vroeër vanjaar nie net geskiedenis gemaak deur almal saam vir dieselfde span in een van die Blou Bulle se amptelike ligas uit te draf nie. Dié drie broers het boonop in dié wedstryd aldrie ‘n kans gehad om ‘n drie te druk in ‘n Carlton B-liga wedstryd teen die Silver Valke.

Die drie broers het nie minder nie as 55 punte aangeteken in dié wedstryd, waartydens Korrektiewe Dienste hul teenstanders behoorlik kafgedraf het. Fanie, wat op heelagter diens doen vir die span, het een drie gedruk en nog 25 punte met die skopskoen aangeteken. Nico, wat flank speel, het twee keer agter die doellyn gaan kuier, terwyl Jan vanaf die senter posisie die kersie op die koek geplaas het deur ‘n driekuns te behaal.

Hoewel die Vorster broers vir Korrektiewe Dienste (deesdae ‘n oopklub) uitdraf, is hulle aldrie in die onderwys betrokke, waar hulle natuurlik ook hul kennis en ervaring op die veld aan skoolseuns oordra as afrigters.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button