Local sportSport

Fortis se atlete presteer puik by landloopkampioenskap

Byna 50 atlete van dieselfde atletiekklub in die noorde van Pretoria was deel van die Gauteng-Noord landloopspan wat die afgelope naweek in Noordwes aan die Interprovinsiale Landloop Kampioenskap deelgeneem het.

Die Fortis Pretoria Noord atletiekklub gaan steeds van krag tot krag en lede van dié klub het weer puik prestasies gelewer by die afgelope naweek se Interprovinsiale Landloop Kampioenskap in Noordwes.

Fortis het weer die Gauteng-Noord landloopspan oorheers en dié klub het sy eie rekord oortref met ‘n stewige bydrae van 49 atlete in die provinsiale span. Dít is ‘n besondere prestasie vir ‘n onafhanklike klub, aangesien Fortis selfs vir Tuks in dié verband uitgestof het.

Die familie-kultuur wat deel is van Fortis Pretoria-Noord se karakter was weer duidelik in die hoeveelheid familielede uit dié klub wat almal deel was van die Gauteng-Noord span. Onder die 49 atlete van die klub wat Gauteng-Noord verteenwoordig het was daar ses verskillende familiegroepe, wat ma’s en hul kinders, asook verskeie pare broers en susters ingesluit het.

Fortis het vier groot presteerders opgelewer wat medaljes kon huis toe bring vanaf die byeenkoms in Zeerust.

Die mees merkwaardige prestasie was waarskynlik dié van die klub se ondervoorsitter, Corné Prinsloo. Sy het die goue medalje verower in die afdeling vir vroue 40-44. Hierdie prestasie is soveel meer merkwaardig as in ag geneem word dat Prinsloo ‘n week voor die kampioenskap haar vierde Comrades marathon voltooi het.

David Maphangulo (mans 60-64) en Daniel Hlongwane (mans 70-74) het albei ook goue medaljes gewen, terwyl Torrie Scholtz (vroue 55-59) ‘n silwer medalje kon huistoe bring.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button