Local sportSport

Jong tennisster van Pretoria op pad na kleibane van noordelike halfrond

‘n Jong tennisster van Pretoria speel binnekort as deel van die Suid-Afrikaanse onder-14 span in ‘n belangrike toernooi in Tunisië, waar hulle gaan probeer om as Afrika kampioen gekroon te word.

Met die kleibaan aksie van die 2018 Franse Ope Tennistoernooi nog vars in die geheue van tennis liefhebbers wêreldwyd, is daar ‘n paar jong Suid-Afrikaanse seuns wat binnekort self die geleentheid gaan kry om hul tennisvermoëns op dié soort speel-oppervlak te toets.

Die 14-jarige Francois van Wyk van Pretoria is een van die gelukkige seuns wat aan die einde van Juniemaand as deel van die Suid-Afrikaanse onder-14 span na Noord-Afrika sal reis om deel te neem aan die Afrika Spankampioenskap vir juniors.

Dié tennistoernooi word in Tunisië aangebied en die span wat daar wen sal nie net as Afrika se beste gekroon word nie, maar sal ook aangewys word om die kontinent te verteenwoordig by die junior wêreldkampioenskap, wat in Augustus in die Tsjeggiese Republiek sal plaasvind.

Vir dié leerling van Hoërskool Waterkloof, wat tans Suid-Afrika se derdebeste onder-14 tennisspeler is, sal die toernooi gelukkig nie sy eerste kennismaking met tennis op kleibane wees nie. Hy was in April vanjaar deel van ‘n groep spelers wat saam met Kobus Botha van Tuks Tennis na Spanje getoer het om daar aan toernooie deel te neem en kleibaan tennis onder die knie te kry

Botha is ook Van Wyk se afrigter en hy voorspel ‘n rooskleurige toekoms vir dié jong speler, wat tans ook Suid-Afrika se top gekeurde dubbelspel speler in sy ouderdomsgroep is.

Van Wyk speel reeds tennis sedert hy vier jaar oud is. Sy ma, Lorraine, is ‘n bekende in Gauteng-Noord tenniskringe en was self op haar dag ‘n provinsiale speler. Op laerskool het dié oud onderhoofseun van Laerskool Monumentpark ook in rugby en veral krieket uitgeblink. Dit het daartoe gelei dat hy aan die einde van sy laerskoolloopbaan as dié skool se sportman van die jaar aangewys is.

Vroeër vanjaar, sedert die begin van sy hoërskoolloopbaan, het hy egter besluit om sy tennis in alle erns na die volgende vlak te neem.

By Hoërskool Waterkloof het hy gou die onder-15 A span gehaal en hy is tans dié skool se eerste gekeurde speler in dié ouderdomsgroep, terwyl hy ook die Gauteng-Noord span op onder-15 vlak verteenwoordig het.

Die ratverwisseling in sy tennisloopbaan het beteken dat hy vanjaar al aan nege toernooie deelgeneem het, wat amptelike toernooie van die Internasionale Tennis Federasie (ITF) insluit. Van Wyk se twee enkelspel titels en drie dubbelspel titels in die eerste vyf maande van 2018 spreek boekdele vir die vordering in sy tennisloopbaan.

Een van sy enkelspel titels was in die gesogte Growthpoint Super 8 reeks, waar hy ná vyf toernooie tans tweede in die onder-14 wedloop is.

Daar is geen twyfel dat Francois van Wyk in meer as een opsig reeds die merk van ‘n toekomstige kampioen dra nie. Sy tennisloopbaan is reeds haarfyn beplan en hy werk hard om sy doelwitte noukeurig na te jaag en te behaal. Hoewel iets soos allergieë vir sommige sportmanne ‘n struikelblok kan wees, sien Van Wyk dit byvoorbeeld as ‘n bedekte seën, want dit dwing hom om nou reeds die regte eetgewoontes aan te leer

Dié nederige seun is vasberade om nie net sy doelwitte as amateurspeler te behaal nie, maar ook eendag professioneel te speel. Hy droom al van glorie op die kleibane van Roland Gaross in Parys, en om soos sy groot held, Rodger Federer, die tenniswêreld te verower.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button