Local sportSport

Nasionale ringbal kampioenskap in Pretoria aangebied

Suid-Afrika se beste ringbalspelers trek hierdie week saam by Korfbalpark in Pretoria vir die nasionale kampioenskap.

Korfbalpark in Gezina, Pretoria, sal hierdie week weer ‘n miernes van bedrywighede wees wanneer ringbalspelers vanoor die hele land daar saamtrek vir die nasionale ringbal kampioenskap.

Dié kampioenskap het reeds Maandagoggend afgeskop en sal duur tot Saterdag, wanneer die eindstryde in die verskillende kategorieë afgehandel word.

Ringbal is ‘n familiesport en daar word in verskillende ouderdomsgroepe meegeding. Daar word egter oudergewoonte verwag dat die kompetisie in die afdeling vir senior mans en dames die verbeelding sal aangryp by die kampioenskap.

Die tuisspan, Gauteng-Noord, sal vanjaar beslis probeer om die span van Wesrand te onttroon, nadat hulle verlede jaar in die eindstryd met die dames van Pretoria afgereken het.

In die afdeling vir senior mans behoort Gauteng-Noord, wat die afgelope vyf jaar reeds met die goue medalje weggestap het, weer die gunsteling te wees. Vele spanne slyp hul tande om die Pretorianers te onttroon en hul grootste bedreiging sal kom van die Mpumalanga Hoëveld span.

Gauteng-Noord, met die bekende Scheepers-broers wat weer onder die uitblinkers behoort te tel, sal egter altyd ‘n moelike span wees om te klop.

Spel sal daagliks om 08:00 begin en die laaste wedstryde word om 16:00 gespeel. Korfbalpark is op die hoek van Frederikastraat en 10de laan in Gezina, Pretoria.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button