Local sportSchool sportSport

Garsies wen plaatkompetisie by Noordvaal-sewes

Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof het elk ’n afdeling gewen by die Noordvaal Sewestoernooi wat die afgelope naweek by Hoërskool Menlopark aangebied is.

Hoewel die Hoërskool Garsfontein se sewesrugby span in die halfeindrondte van die gesogte Noordvaal-Sewes toernooi vasgeval het, kon hulle uiteindelik daarin slaag om die Plaat-afdeling van die toernooi te wen.

Die Garsies BlitzBere was onoorwonne in die groepfase van die toernooi ná oorwinnings teen Hoërskool Ellisras (22-7), Hoërskool CR Swart (38-14) en Hoërskool Middelburg (35-0).

In die kwarteindrondte van die Beker-afdeling het die Blitzbere egter teen Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen vasgeval (14-22), waana hulle na die Plaatkompetisie afgeskuif is.

In die halfeindrondte van die Plaatkompetisie het Garsfontein met Hoërskool Rustenburg afgereken (24-17) en in die eindstryd is hulle as Plaatkompetisie kampioen gekroon na ’n oorwinning van 29-12 in ’n herontmoeting met Hoërskool Middelburg.

– Hoërskool Waterkloof het die Skild-afdeling gewen deur Hoërskool Kemptonpark met 45-5 in die eindstryd pakslae te gee.

Die Klofies het in die groepfase reeds teëspoed gehad met twee nederlae. Eers het Ben Vorster hulle met 26-15 geklop en daarna het hulle ook teen Hoërskool Monument (24-12) verloor.

Na nog ’n nederlaag in die kwarteindrondte teen Hoërskool CR Swart (17-28) het die Klofies na die Skild-afdeling afgeskuif.

Daarna het hulle die halfeindstryd in dié afdeling maklik teen Hoërskool Montana gewen (36-12), terwyl Kempies in die eindstryd gevolg het.

– Hoërskool Menlopark, wat as gasheer vir die toernooi opgetree het, het nie ’n gulukkige naweek beleef nie. Die Parkies kon nie ’n enkele wedstryd tydens die toernooi wen nie en is in die halfeindrondte van die Skild-kompetisie uitgeskakel.

Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg het as kampioen van die Beker-afdeling (en enigste onoorwonne span by die toernooi) uit die stryd getree, nadat hulle die verdedigende kampioen, Monument, in die eindstryd met 24-19 geklop het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button