Local sportSchool sportSport

Tshwane Bash bied unieke krieketgeleentheid aan jong spelers

Die Tshwane Bash, ‘n unieke krieket toernooi vir laerskoolseuns, is velrede week met groot sukses in Pretoria aangebied.

Die Pro-Crick krieket akademie se jaarlikse Tshwane Bash, is verlede week by CBC Mount Edmund in Silverton aangebied.

Dié unieke krieket ontwikkelingstoernooi word aangebied onder leiding van die bekende afrigter Malan Morkel en sy span by Pro-Crick en dit is inderwaarheid baie meer as net ’n toernooi.

Dit is ’n geleenteheid waardeur Pro-Crick saamwerk met alle laerskole in die Tshwane omgewing om aan top o.12 spelers ’n kans te bied om ’n unieke krieket-ervaring oor die vier dae van die toernooi te beleef.

’n Totaal van 72 uiters talentvolle o.12 spelers word na hierdie toernooi uitgenooi. Gedurende die vier dae van die toernooi speel hulle nie net krieket nie, maar hulle kry ook die geleentheid om aan hul krieket-vaardighede te skaaf met die hulp van top afrigters.

’n Vaardigheids-kompetisie is deel van die toernooi, terwyl die seuns ook deelneem aan ’n Super-boulbeurt kompetisie en ’n T20 fees.

Die seuns word op só ’n wyse in spanne ingedeel dat nie meer as vier spelers van dieselfde skool in een span is nie. Op hierdie manier word interaksie tussen die spelers ook bevorder, wat inpas by die toernooi se tema, naamlik “Breek Grense Af”.

Oor die naweek word daar selfs voorsiening gemaak vir ander afleiding en die spelers is saam met hul ouers getrakteer met ’n vertoning van die komediant, Joey Rasdien.

Motiveringsprekers soos die gestremde gewese krieketster, Victor Vermeulen, en die sport-kopdokter dr. Jannie Putter, het ook by die toernooi opgetree om met die seuns en hul ouers te gesels.

Daarbenewens kon die jong krieketspelers die kans kry om via direkte interaksie meer oor krieket en ander aspekte van die spel te leer by die voormalike Proteas en Titans ster, Albie Morkel.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button