Local sportSchool sportSport

Waterkloof se Dreyer Campbell-atletiekbyeenkoms deur weer beïnvloed

Die jaarlikse Dreyer Campbell atletiekbyeenkoms van Hoërskool Waterkloof het Vrydagaand puik prestasies opgelewer, ten spyte van die tussenkoms van swaar weer en reën, wat die verrigtinge kortgeknip het.

Die 6e Dreyer Campbell-uitnodigings-atletiekbyeenkoms, wat jaarliks deur Hoërskool Waterkloof aangebied word, het vanjaar deelnemers uit drie verskillende provinsies gelok.

Hoërskole Eldoraigne, Randburg, Hans Moore (Benoni) en Rand Park High was saam met HTS Middelburg (Mpumalanga) en Hoërskool Rustenburg (Noordwes) die Klofies se gaste vir dié prestigeryke byeenkoms.

Hierdie jaarlikse skole-atletiek fees is vernoem na die voormalige atletiekdirekteur en spiesgooiafrigter by Hoërskool Waterkloof, Dreyer Campbell, wat in 2018 aan kanker oorlede is.

Altesaam 1 467 atlete het vir glorie meegeding. Ongelukkig kon die 100m-, 400m-, 800m- en 3 000m-items nie voltooi word nie, nadat hewige donderweer en reën sake beïnvloed het. Die aflos wedlope is ook afgelas.

Verskeie atlete van Waterkloof het vir puik prestasies gesorg.

– Abigail Grobler (o.17), het die spies 38.40m laat trek wat haar 781 op ASA-puntetabel besorg het.

– Aiden Smit (o.14) is as die seuns se spiesgooi-atleet van die byeenkoms aangewys is ná sy afstand van 46.82m.

– Wesley Badenhorst, het kop en skouers bo die res uitgestaan met sy afstand van 54,28m (965 punte) in die diskus item.

– Alexander Griesel (o15) het in die 100m-hekkies item ’n tyd van 13.20s (910 ASA-punte) behaal.

– Dewan Schlebush het in die seuns o.14-gewigstoot ‘n afstand van 13.33m (766 ASA-punte) aangeteken.

– In die 110m-hekkies, het Waldemar Griesel, ’n tyd van 14.70sek behaal, wat hom 852 ASA-punte besorg het.

– Lenique Vogel (o.15) se tyd van 25.96 in 200m, het haar ‘n eerste plek op die podium en 864 punte besorg.

– In die gewigstootput, het Landi van Wyk, vir dogters o.15, ’n 10.72m gestoot vir goud.

– Lara van der Merwe het vir dogters o.17 met ’n tyd van 0.4:44.91 die 1500m voltooi.

– Fortune Okulo het silwer gewen met haar afstand van 13.69m (895 punte) in die gewigstoot vir dogters o.16.

Hoërskool Waterkloof se atlete neem aanstaande naweek aan die AHS/AHMP vriendskaplike massabyeenkoms by Pilditch deel.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button