Kring-netballiga begin op goeie noot vir PHS se netbalspanne
Op Dinsdag 15 April het die netbalspanne van Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Noorderland mekaar die stryd aangesê op PHS se netbalbane.
POLOKWANE – Op Dinsdag 15 April het die netbalspanne van Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Noorderland mekaar die stryd aangesê op PHS se netbalbane.
Dié wedstryde was die eerstes van die Polokwane-kring netballiga.
Die liga sluit PHS, Hoër Tegniese skool Tom Naudé, Hoërskool Noorderland, Florapark High School en Capricorn High School in.
PHS se netbalspanne het uitstekende spel gelewer en die toernooi oortuigend ge-wen.
Uitslae:
• PHS o/14A wen 43-3;
• PHS o/14B wen 25-2;
• PHS o/14B2 wen 12-8;
• PHS o/15A wen 44-7;
• PHS o/15B wen 15-4;
• Noorderland o/15B2 wen 22-11;
• PHS o/16A wen 62-1;
• PHS o/17A wen 27-6;
• PHS o/18A wen 58-8, en
• PHS se o/16B- en B2-spanne het hul ligawedstryd teen mekaar gespeel en die o/16B-span wen 25-1.



