Vroue swaai stokke op die gholfbaan
DIE Kameeldoring Ladies Classic gholftoernooi is verlede Saterdag aangebied en daar is van vroegdag af behoorlik gespeel en gekuier.
MOKOPANE – DIE Kameeldoring Ladies Classic gholftoernooi is verlede Saterdag aangebied en daar is van vroegdag af behoorlik gespeel en gekuier.
“Die toernooi is hier om te bly met 84 inskrywings wat vanjaar ontvang is teenoor die 64 van verlede jaar,” sê Armanda Kruger wat gesorg het dat als klopdisselboom verloop.
Die toernooi het vanjaar uit twee bene bestaan, die kompetisie vir vroue wat die spel ken en diegene wat nog nooit die gholfstokke geswaai het nie. In die kompetisie vir meer ervare spelers is daar in drie afdelings meegeding.
In afdeling A het Lynn-Marie Nagel met 78 houe as wenner uit die stryd getree. Die naaswenner was Desi Earle met 82 houe.
In afdeling B het Lynette Smith met 89 houe geseëvier met Lené Kruger, 92 houe, kort op haar hakke. In afdeling C was Yolande de Beer met 32 punte die wenner en Erika van Dyk met 30 punte die naaswenner.
Die algehele kampioen was Kolanie van Baalen met ‘n totaal van 68.
In die kompetisie vir dié wat nie so ervare is nie, was Tanessa Hermann en Tarien Dorfling die wenners.
Al die vroue wat die prysuitdeling bygewoon het, is met pryse beloon.
Dankie aan: H&F Mi-ning, Pernod Ricard, Euforia, Doen Dit met Rian, Limpopo Leak Detection, Astra Borduurders, Shaun McGrath, Zebediela Stene, Moi Moi’s, Holsters, Kairos Haarsalon, Bosman Juweliers, Luvite Skoonheidssalon, Paris Hilton, Meat City, Protea Hotel The Park, Protea Hotel Ranch Resort, Running Rebels, Savuti, Watts Apteek, Fanie Kemp, Liquor City NTK, Chrystal Water, Garrun Boeremakelaars, Josa Bloemiste, Fire Quip, C&A skryfbeheoftes, Torga Optical, Farmakon Apteek, Oakes Restaurant, Sasko, Stan’s Boutique, Elite Bodies, Fruit & Veg City, Kosmos Kwekery, Spar, Property Xperts.











