Schools galleries

Bulletjierugby en mini-netbal opgewondenheid

Pietersburg Laerskool se bulletjierugby- en mini-netbaldag het Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se velde plaasgevind en families van 13 skole was gereed vir 'n aksiebelaaide dag.

POLOKWANE – Bulletjierugby- en mini-netbal is een geleentheid op elke grondslagfaseouer se kalender waaroor die hele familie ewe opgewonde is.

Terwyl Pa vir boetie op die rugbyveld help en Ma lemoene uitdeel, skree Oupa van die kant af vir boetie om te hardloop en met elke drie spring Ouma op en af van blydskap.

Pietersburg Laerskool se bulletjierugby- en mini-netbaldag het Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se velde plaasgevind en families van 13 skole was gereed vir ‘n aksiebelaaide dag.

Daar was sowat 800 kinders altesaam van Pietersburg Laerskool, Oosskool, Laerskool Ivypark, Pemps Primary School, Laerskool Piet Hugo, Akademie Reformia, Curro Heuwelkruin, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Tzaneen.

Die volgende bulletjierugby- en mini-netbaldag word Saterdag by Oosskool gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button