Pieties in vervoering oor klank van Die Heuwels Fantasties
"Dis snaaks hoe hierdie gebou, sy arms om my en jou kan toevou..."
“Dis snaaks hoe hierdie gebou, sy arms om my en jou kan toevou…”
Die Heuwels Fantasties het hulle vertoning op Hoërskool Pietersburg (PHS) se sportvelde verlede Saterdag met hulle gewilde liedjie, Pille vir Kersfees geopen.
PHS se o/15- en o/16-rugbyspanne het die konsert aangebied om geld in te samel ten bate van ‘n oorsese toer wat hulle graag binne die volgende paar jaar wil onderneem.
Marcel Coetzee en Dominique Fiver het voor Die Heuwels Fantasties opgetree, en die gehoor in net die regte luim gesit.
“Die konsert was ‘n groot sukses gewees,” sê Pierre Coetzee, voogonderwys-er van die rugbyspanne.
“Dit is baie lekker hier, ek geniet die musiek vreeslik,” sê Adel Myburg, een van die konsertgangers. “Beloofde Land is my gunsteling liedjie en ek kan nie genoeg van Die Heuwels Fantasties kry nie,” sê Corlia Vermaak, nog ‘n konsertganger.