Local News

Veiligheidforums hand-aan-hand om Polokwane-woonbuurte te beveilig

Meer as 200km is deur die lede, op eie onkoste afgelê tydens die massapatrollie en operasie.

POLOKWANE – Lede van verskeie veiligheidforums in die stad het gisteraand (Donderdag) kragte saamgespan in ‘n poging om sigbaarheid te bevorder en die woonbuurte se strate te beveilig.

Polokwane Buurtwag, Polokwane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Leeuwkuil Saftey Forum en Bendor Sterpark Safety Forum het nie net aan ‘n massapatrollie deelgeneem nie, maar ook probleemareas soos die Floraparkdam en onbewoonde of onvoltooide boustrukture besoek.

Die operasie is in Fauna- en Florapark uitgevoer. Meer as 200km is deur die lede, op eie onkoste afgelê tydens die massapatrollie en operasie.

Polokwane Buurtwag-voorsitter, Johan Spaumer sê met die feesseisoen om die draai, en ‘n styging in misdaad wat kenmerkend is gedurende dié seisoen, begin veiligheidforums vroeg reeds met soortgelyke patrollies en veral sigbaarheid.

“Dankie aan al die lede wat hulle tyd opoffer om ‘n verskil in die gemeenskap te maak,” het Spaumer gesê.

Polokwane Safety Forum-voorsitter, Johan Retters sê almal het een doel en dit is om misdaad te beveg en ‘n veiliger gemeenskap te bou.

Hy het lede vir hulle toewyding bedank.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

RC Myburgh

RC Myburgh is the Contributing Editor for the Polokwane Review-Observer.

Related Articles

Back to top button