Local NewsNews

Gooi ‘n tjoppie op die vuurtjie: lesers vertel hoe hulle braai

September is sinoniem met die lente en die heerlike warm weer spoor Suid-Afrikaners aan om die braaivleisvure aan te steek

September is sinoniem met die lente en die heerlike warm weer spoor Suid-Afrikaners aan om die braaivleisvure aan te steek.

Vhembe Herald klop by ‘n paar mense aan om uit te vind hoe hulle oor hierdie tradi-sionele Suid-Afrikaanse tydverdryf voel en of hulle ‘n geheim of twee kan deel.

Suné Benade (4) verlang so ‘n bietjie na haar braai-dae. “Braai is vleis om te braai. Ons het ‘n piepklein braaier, want dis net ek en my mamma.

“Ons kan nie nou braai nie, want ons bly in ‘n nuwe huis en mamma weet nie waar is die vleis gebêre nie,” sê sy.

“Ons sit vleis en hout in die vuur. Ons eet ook broodjies met tamatiesous saam met ons vleis en dis baie lekker,” vertel Peroux du Preez (4).

Raihn Herbst (4) verduidelik hoe hulle braaivleis geniet: “Pappa maak vleis in die braaier en ons eet mieliepap wat wit is met melk, botter en suiker saam met die vleisie.”

Stefan Barnard is ‘n braaimeester en hy deel een van sy braai-geheime.

“As ek braai, laat lê ek eers my T-Bones en wors in Worchestershire sous vir so ‘n half-uur. Voor ek dit afhaal van die kole, smeer ek hulle met Wellington’s se BBQ sousie en geur dit met BBQ speserye.”

“Ek gebruik suiker, ‘n klein bietjie asyn, sout, peper, suurlemoensap en Steers se BBQ sous vir ‘n marinade.

“Ek lê my vleis vir so een uur daarin en dan begin ek braai. Die geheim van braai is ook ‘n goeie braaitang,” sê Adrian Steyn.

“Flippen Lekka Spice, Castle braaisous en ‘n braaier wat nie dors ly nie is my geheim vir ‘n suksesvolle braai,” vertel Vernon van Wyk.

Vernon van Wyk.
Vernon van Wyk.
Stefan Barnard.
Stefan Barnard.
Raihn Herbst.
Raihn Herbst.
Adrian Steyn.
Adrian Steyn.
Suné Benade.
Suné Benade.
Peroux du Reeez.
Peroux du Reeez.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button