NewsSchools

Kiewiete-konsert ‘n treffer onder ouers

Ouers wonder dikwels wat hulle kinders by die skool doen. Curro Heuwelkruin se voorskoolse groep, Die Kiewiete, het besluit dat dit die perfekte tema vir hul konsert was.

POLOKWANE – Ouers wonder dikwels wat hulle kinders by die skool doen.

Curro Heuwelkruin se voorskoolse groep, Die Kiewiete, het besluit dat dit die perfekte tema vir hul konsert was.

Oupas en oumas, mammas en pappas, en boeties en sussies het Woensdag, 18 September die konsert, Kom Deel My Dag, geniet.

Die gr. R-koor het die konsert geopen, waarna elke klas die geleentheid gehad het om te wys wat hulle geleer het.

Die Eendjieklas het liedjies gesing oor die wyse man wat sy huis op die rots gebou het en wie die koning van die oerwoud is.

Die Pikkewynklas het gesing oor vorms en die vyf klein paddatjies.

Die Uiltjieklas het die gehoor vermaak met liedjies soos The Circus en Skoert Vlieg terwyl die Papegaaiklas ‘n liedjie gesing het oor kleure en die Hockey Pockey gedans het.

Die Flaminkeklas het met Abba se Money, Money, Money en Eye of the Tiger van Survivor getref en die Volstruisklas het die aand afgesluit met In Speelgoedland en Bennie Boekwurm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button