Local NewsNewsMotoring

Ouerlike raad van ds. Riekert Botha

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders, ouers en personeel het Riekert Botha on die skoolsaal verwelkom.

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders, ouers en personeel het Riekert Botha op Dinsdag, 8 Oktober in die skoolsaal verwelkom.

Riekert is nie net ‘n bekende dominee nie, maar ook ‘n dokter. Tog verkies hy om net Riekert genoem te word.

Hy bied Saterdagoggende ‘n program op Radio Sonder Grense (RSG) aan en reis die land vol om praatjies te lewer.

Met staaltjies uit sy eie lewe, het Riekert aan ouers verduidelik dat hulle hul kinders se harte moet wen en behou.

“Daar lê ‘n Goddelike geheim daarin as ‘n pa en sy kind se harte saam is,” het hy gesê.

Hy het ook vertel dat ouers dikwels in die verleent-heid kom oor hulle besorg is oor hulle kinders.

“Ouers moet kan erken hulle is verkeerd, anders verloor hulle hul kredietwaardigheid in hul kinders se oë.”

Laastens het hy ouers weer bewus gemaak van die feit dat daar ‘n direkte verband is tussen ouers wat betrokke is en kinders wat presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button