Local News

Polokwane gemeenskap se R100 kan ‘n verskil maak

APD Eeufeeshuis in Polokwane vra inwoners om met R100 te help om sorgdienste vir gestremde persone te ondersteun.

POLOKWANE – Met ‘n R100-noot kom ‘n mens deesdae nie ver nie. Volgens ‘n bekende bankgroep sal R100 vir jou die basiese kruideniersware vir twee tot drie mense koop, afhangende van waar jy koop. ‘n R100 kan dalk ook sonpanele borg.

APD Eeufeeshuis se geldinsamelingsprojek en oproep tot hulp

Die Assosiasie vir Persone met Gestremdhede (APD), Eeufeeshuis het onlangs ‘n geldinsamelingsprojek geloods waar 10 000 inwoners in Polokwane slegs R100 skenk en sodoende ‘n verskil in die lewe van gestremde persone te maak.

“APD Limpopo moes onlangs ’n groot bedrag betaal om die Eeufeeshuis lewensvatbaar te hou, en dit is waarom die organisasie besluit het om ‘n beroep te doen om die gemeenskap van Polokwane te vra om te help,” sê Desiré Herb, direkteur van APD.

Versorging vir 54 inwoners onder druk

Eeufeeshuis verskaf huisvesting aan 54 gestremde persone en voorsien in al hulle behoeftes wat insluit akkommodasie, drie etes elke dag, versorging, mediese dienste, maatskaplike dienslewering, vervoer en verrykingsprojekte.

Die organisasie ontvang subsidie, maar Herb sê dit is net ‘n druppel in die emmer om al die uitgawes en instandhouding te dek.

“Met die verhoogde brandstof pryse, water, elektrisiteit, en voedselpryse, trek die organisasie baie swaar.

“Om voortgesette en volhoubare dienste te lewer is die organisasie afhanklik van vrywilligers, donasies, skenkings en geldsinsamelingsprojekte.”

Herb sê die organisasie het ‘n buitensporige hoë munisipale rekening wat hulle nie maandeliks kan bekostig nie. Hulle wil graag sonpanele installeer met die oog om die elektrisiteitsrekening laer te kry.

Dringende behoeftes en kontak

Groot uitdagings wat dringend aandag verg:

  • Om sonpanele te installeer.
  • Kosskenkings soos groente, vleis en blikkieskos.
  • Voertuie wat dringend vervang moet word.
  • Die instandhouding van die elektriese heining.

“Ons doen ‘n ernstige beroep op die gemeenskap om saam te staan en ‘n verskil in die lewe van ‘n gestremde te maak,” pleit Herb.

Om betrokke te raak, kan lesers vir Desiré Herb by 015 291 1787/8 of Mirinda Kruger by 082 455 0707 skakel.

Lesers kan ook APD besoek by Pafurilaan, Peninapark.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button