POLOKWANE – Kratos, Heuwelkruin se nuwe gelukbringer, het op Vrydag, 11 Oktober sy verskyning by die skool gemaak.
Hy is per helikopter op hul sportveld afgelaai. Kratos is vernoem na ‘n Griekse god en beteken magtig en sterk.
“Ons het op die internet gesoek na ‘n Griekse god wat se naam met ‘n K begin. Kratos se betekenis is dít waarvoor Heuwelkruin ook staan. Powerful and mighty,” sê Bianca Wepener.
Bianca het met die hulp van Ian Uwet Kratos uitgedink en ontwikkel. Die res van die gr. 12 leerders het gehelp om hom ‘n werklikheid te maak.
“Ons weet wie binne hom gaan wees, maar ons wil eerder nie sê nie,” sê Bianca.
Kratos sal te sien wees by sportwedstryde asook kultuur aangeleenthede.



