POLOKWANE – Die leerders van Bugs Paradise and the Gr. R and RR Academy, het hulle gehoor op ‘n reis om die wêreld geneem op Woensdag, 9 Oktober.
Die gehoor het die skool se jaarlikse konsert met sy wêreldtema baie geniet.
Die Pooh Bear-klas het die aand afgeskop met ‘n wilde uitstappie deur Afrika, en het liedjies soos I Like to Move It Move It, gesing terwyl die Ladybird-klas al met die Zambezirivier afgevaar het.
Ook het die leerders ‘n draai in Sjina en Rio gemaak.
Belinda Fouché, eienaar en skoolhoof van Bugs Paradise and the Gr. R and RR Academy, was baie tevrede met die sukses van die aand. “Die kinders en onderwysers het hul baie goed van hulle taak gekwyt.”
Kholofelo Molongwoane speel die rol van ‘n Arabiese danser.
Theto Boshomane is ‘n kameelperd wat in wilde Afrika woon.
Minionette de Kock is ‘n beertjie in die Bugs Paradise and the Gr. R and RR Academy konsert.
Naledi Ramoraswi is ‘n fyn Sjinese dametjie.
Layla Dauth van die Pooh Bear-klas het gewikkel op maat van I Like to Move It Move It.
Shayden Erasmus is ‘n arabier tydens die Bugs Paradise and the Gr. R and RR Academy konsert.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!