Jean-Pierre Viljoen, die slymerige wurm wat 'n hoofrol in 'n paddakonsert gespeel het, en Taila Kapp, die groen laboratorium muis, is op soek na 'n nuwe storie.
POLOKWANE – Oosskool se biblioteek is deur “aliens” verwoes, maar vier karakters het uit hulle stories geval en so oorleed.
So het ‘n groen muis, ‘n wurm, ‘n superheld en Pippie Langkous deur sprokiesland gereis op soek na ‘n nuwe storie. Oosskool het hulle Storieboek Storie-operette verlede week by die skool aangebied.
Leerders van gr. 1 tot gr. 7 het deelgeneem aan die pret en elke graad het ‘n ander storie vertel.
Daar was stories van meerminne, Mowgli in die oerwoud, drie blinde muise, prinsesse en soldate. Selfs Tinkerbell en Sneeuwitjie het ‘n draai by Osies gemaak.
Jean-Pierre Viljoen, die slymerige wurm wat ‘n hoofrol in ‘n paddakonsert gespeel het, en Taila Kapp, die groen laboratorium muis, is op soek na ‘n nuwe storie.
Tinkerbell (Lizbé du Preez) en Mini Me (Annadeé Oerlemans) help die drie karakters wat uit hul stories geval het om ander stories te kry.
Luca Ferreira en Werner Reyneke is twee van die stoute en ‘cool’ Sewe Dwargies.
Die gestewelde kat (Liam Grobler), Shrek (Paul Erasmus), Fiona (Marné Bresler) en Donkie (Ernst Bothma) maak gereed vir hulle draai op die verhoog.
Adriaan Coetzee as Mowgli wat in die oerwoud woon en weet hoe om met net die nodigste te oorleef.
Chanté Ferreira speel die rol van Pippie Langkous in Oosskool se operette.
‘Willemina Katterina speel die konsertina en die apie tokkel die kitaar,’ sing Amelie Franken (gr. 1).
KD Janse van Vuuren, Mignon Potgieter en Annelien Janse van Rensburg is krappe onder die see in Oosskool se Storieboek Storie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!