POLOKWANE – Leerders van Curro Heuwelkruin het verlede Saterdag aan die Marius Lengton atletiekbyeenkoms deelgeneem en baie goed gevaar.
• Ilanie Heystek het eerste gekom in die 300m hekkies vir meisies o/15, eerste in die 90m hekkies vir meisies o/15 en eerste in die 200m vir meisies o/15.
• André Kotze het vierde gekom in die1 500m vir seuns o/14, vierde in die 800m vir seuns o/14 en derde in die 400m vir seuns o/14.
• Derick Booyens het vierde gekom in die 400m vir seuns o/15.
• Stephan Nel het eerste gekom in die 100m hekkies vir seuns o/15, eerste in spiesgooi vir seuns o/15 en derde in die 300m hekkies vir seuns o/15.
• Chris de Jager het tweede gekom in diskus vir seuns o/15.
• Matladi Phasa het tweede gekom in hoogspring vir meisies o/14.
• Jan Heystek het vierde gekom in die 200m vir seuns o/17 en eerste in die 400m.



