NewsSchools

‘n Fikse fietsrydag

Erica Pre-primêre Skool het Saterdag 'n fietsrydag aangebied waar kinders van alle ouderdomme kon deel in al die pret van die dag.

POLOKWANE – Erica Pre-primêre Skool het Saterdag ‘n fietsrydag aangebied waar kinders van alle ouderdomme kon deel in al die pret van die dag.

Die fietsrydag het by Cuzebuli Lodge net buite Polokwane plaasgevind en die eerste ryers het om 09:00 weggespring ná ‘n spog-optog van Erica se kleuters.

Die leerders het in klasverband weggespring en een ronde van die bergfietsroete voltooi voor die volgende groep weggespring het.

Hulle het ook heerlike pryse gewen aan die einde van elke wedren.

Ouers en grootouers het ook deelgeneem aan die byeenkoms deur die kleuters op hulle fietse luidkeels aan te moedig.

Die geld wat deur die dag ingesamel is sal gebruik word vir verbeterings en instandhouding van die skool.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button