NewsSchools

Skool veel prettiger as om siek te wees

Party mense hou van skool en ander haat dit, maar min leerders kan met 100% skoolbywoning oor 12 jaar spog.

POLOKWANE – Party mense hou van skool en ander haat dit, maar min leerders kan met 100% skoolbywoning oor 12 jaar spog.

Chanté de Vos het hierdie uitsonderlike prestasie behaal. Chanté is ‘n gr. 12-leerder van Curro Heuwelkruin Hoërskool en het tydens hulle matriektee ‘n prys ontvang vir 100% bywoning oor 12 jaar.

“Tot in gr. 7 was dit nog toevallig dat ek nooit afwesig was nie, maar van gr. 7 af het ek probeer om nooit afwesig te wees nie,” het sy vertel.

Sy het meestal gedurende vakansies siek geword, maar sy moes tog soms skool toe gaan al het sy nie lekker gevoel nie.

“Die lekkerste van skool is om elke dag die hele dag lank my vriende en vriendinne te sien. Die slegste is natuurlik die huiswerk en toetse,” het sy gesê.

Chanté het vertel dat sy beplan om volgende jaar biokenetika in Bloemfontein te gaan studeer.

“Ek gaan dit vir ‘n jaar doen en dan gaan ek fisioterapie studeer.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button