NewsSchools

Dié Kruinies draf fisikavraestel kaf

Review het met Heuwelkruin-leerders gaan gesels om te hoor hoe hulle fisikavraestel afgeloop het en wat hulle planne is vir die vakansie wat voorlê.

POLOKWANE – Die gr. 12-leerders is besig met hul laaste skooleksamens. Review het met Heuwelkruin-leerders gaan gesels om te hoor hoe hulle fisikavraestel afgeloop het en wat hulle planne is vir die vakansie wat voorlê.

Die vraestel was lekker,” sê Ian Ewart. Hy beplan om die Matric Rage in Balito by te woon hierdie vakansie.

Elzanne Burden en Nadia Prinsloo voel albei dat dié fisikavraestel beter was as die rekordeksamen se vraestel.

Ursula Reynolds sê sy behoort goed te doen in haar fisika vraestel. “Die vraestel was lekker.” Sy gaan saam met haar familie in Plettenbergbaai vakansie hou terwyl Nadia nog nie enige vaste planne vir die vakansie het nie en Elzanne beplan om tyd met vriende en familie deur te bring.

Janeska Wolmarans gaan ‘n besige vakansie hê. “Ons trek Kaap toe en dan gaan ek saam met my ouers Mosambiek toe vir ‘n week. Daarna gaan ek my goed regkry vir Tukkies.”

Werner Swanepoel kan nie vir die vakansie wag nie. “Ek gaan jukskei speel in Kroonstad.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button