NewsSchools

Tommies sit tyd agter die boeke in

Afrikaanssprekende gr. 12-leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het heelwat tyd agter die boeke deurgebring, vir Afrikaanse vraestel

Baie Afrikaanssprekende leerders dink hulle hoef nie te leer vir hul Afrikaanse vraestelle nie, maar die Afrikaanssprekende gr. 12-leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het heelwat tyd agter die boeke deurgebring.

Hulle het Woensdag die eerste vraestel van Afrikaans-huistaal geskryf.

“In ons handboeke is daar grys blokkies met opsommings vir die hoofstuk. Ek het dit geleer en ook deur die res van my handboek gewerk,” vertel Werner Coetzee. “Ek het ook ou vraestelle uitgewerk en my skrif, wat ons onderwyser vir my gegee het, deurgegaan,” vertel Tanica Pretorius.

“Dit was steeds ‘n baie moeilike vraestel,” sê sy.

Ook dink Maarten Brits en Dané Fourie dat die vraestel moeilik was. “Die taal was iets anders, daar was baie skryfwerk,” vertel Dané.

“Ek kan nie wag vir die wiskundevraestel nie, ek is nie in tale aangelê nie,” voeg Maarten sy stuiwer in die armbeurs.

Werner dink ook dat die taalafdeling van die vraestel die moeilikste was.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button