POLOKWANE – Die gr. R-leerders van die Laerskool Pietersburg het verlede Vrydag hul afskeid gehad, waar die leerders en onderwysers vir die laaste keer hierdie jaar sosiaal kon verkeer, en mekaar vir oulaas kon groet.
Elke gr. R-leerder het ‘n pet ontvang met die skool se naam op om by sportbyeenkomste te dra. Volkspele was ‘n deel van die vermaak. Twee groepe van 10 leerders elk het beurte gemaak om te wys wat hul tydens volkspelelesse geleer het.
Daar was ook leerders wat gedigte opgesê en liedjies gesing het.
Om die dag af te sluit het die hele gr. R-groep, wat uit vyf klassies bestaan, die gr. R-afskeidslied gesing.
Hierdie lied het al ‘n jaarlikse tradisie vir Suidskool se gr. R-leerders geword.





