NewsSchools

PHS se astrodroom word waar

Hoërskool Pietersburg se droom om 'n astro-oppervlak hokkiebaan te bou is nou een tree nader aan verwesenliking.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se droom om ‘n astro-oppervlak hokkiebaan te bou is nou een tree nader aan verwesenliking.

Hierdie R4 miljoen-projek het verlede Dinsdag afgeskop met ‘n sooispit-geleentheid en Polokwane burgemeester, Freddy Greaver, moes ook moue oprol om graaf in die grond te steek.

PHS se hoof, Willie Schoeman, het gesê die skool het na ‘n beheerliggaam-vergadering in Julie besluit om hierdie projek van stapel te stuur.

Volgens Schoeman, sal die baan ‘n aanwins vir die skool asook Limpopo-hokkie wees.

Die skool se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, het gesê dit behoort ongeveer vier maande te neem om die astrobaan te voltooi. Die astro-oppervlakte sal eers in Januarie volgende jaar deur die oorsese vervaardigers afgelewer word.

“Hoërskool Pietersburg het weer uitstekend in vanjaar se Tuks Nupower-reeks en Noordvaal-toer-nooi gevaar, ten spyte daarvan dat ons spanne nie gereeld op astrobane speel nie.

“Hokkie in hierdie provinsie is ‘n krag om mee rekening te hou en as hierdie leemte van ‘n astro-oppervlaktebaan gevul is, kan dit net tot groter voordeel vir hokkie in Limpopo wees,” het sy gesê.

Greaver het onderneem om te help om ‘n moontlike internasionale hokkietoets in Polokwane te reël. Hy het gesê hy sal die voorstel by die volgende raadsvergadering voorlê om te kyk na moontlike finansiële ondersteuning.

Mannie Krüger, PHS se beheerliggaamvoorsitter, het gesê die skool het hierdie projek aangepak sonder enige finansiële hulp van die regering of stadsraad, maar dat enige hulp baie welkom sou wees.

Die beheerliggaam het ‘n trustrekening by Thomas Grobler Prokureurs vir hierdie projek ge-open.

Persone wat bydraes wil maak kan geld in hierdie bankrekening betaal:

Absa: Thomas Grobler Trust

Taknommer: 632005

Rekeningnommer: 404 163 5828

Verwysing: PHS Astro en die skenker se naam en van.

Freddy Greaver (burgemeester) is aan die spits van sake tydens die sooispit-geleentheid by Hoërskool Pietersburg. Agter Greaver is George Malan (beheerliggaam, tesourier), Su-mari Hoogenboezem (VLR,  sportvoorsitter) Johan Krüger (onderhoofseun), Mannie Krüger (beheerliggaamvoorsitter), Willie Schoeman (skoolhoof) en Louis Geyer (beheerliggaam, terreine en geboue).
Freddy Greaver (burgemeester) is aan die spits van sake tydens die sooispit-geleentheid by Hoërskool Pietersburg. Agter Greaver is George Malan (beheerliggaam, tesourier), Su-mari Hoogenboezem (VLR, sportvoorsitter) Johan Krüger (onderhoofseun), Mannie Krüger (beheerliggaamvoorsitter), Willie Schoeman (skoolhoof) en Louis Geyer (beheerliggaam, terreine en geboue).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button