Amanda Rutherfield wys haar staal op Jungle Tots se hindernisbaan wat ontwikkel is om kinders se grootspier-koördinasie te verbeter.
POLOKWANE – Jungle Tots is ‘n opvoedkundige speelgroep in Genl. Kritzingerstraat in Welgelegen, wat kinders, van babas tot sesjariges, speel-speel leer.
Die peuters en kleuters word deur interessante aktiwiteite soos water- en modderspel, kleispeel, verf en ‘n hindernisbaan gestimuleer sodat hulle optimaal kan ontwikkel en hulle laerskoolloopbane met selfvertroue kan aandurf.
Agt personeellede sien om na die kinders se welsyn en ontwikkeling.
Jungle Tots lê klem op ‘n positiewe, veilige omgewing wat jonger kinders aanmoedig om hulle volle potensiaal te bereik. “Ons kinders leer deur speel,” sê Michelle van der Merwe, bestuurder van Jungle Tots.
Hierdie innoverende speelgroep hou die kinders se speel- en leergroepies klein, sodat individuele aandag aan elke kind gegee kan word.
Jungle Tots bied ook twee ontwikkelings-programme, Moms and Babies en Moms and Tots, aan wat deur fisio- en arbeidsterapeute saamgestel is. Hierdie programme word aangebied vir mammas wat wil leer hoe om hulle kinders tuis te stimuleer.
Vir meer inligting oor Jungle Tots en die mammaprogramme, kontak vir Michelle van der Merwe by 084 702 1253.
Amanda Rutherfield wys haar staal op Jungle Tots se hindernisbaan wat ontwikkel is om kinders se grootspier-koördinasie te verbeter.
Michelle van der Merwe help Migael Greeff om speel-speel te leer op een van Jungle Tots se oefenballe.
Michelle van der Merwe help Pebbles Ncube om op die oefenbal te balanseer.
Komane Chashane, Masingita Shimbambu, Katlego Malatjie en Ethan Cardases geniet ‘n bietjie vryespel by Jungle Tots.
Makayla Juggan, Jordan Viljoen, Amy Willies, Nkosinathi Fikhwivhulu, Jessica Geduld, Dimpho Buthelezi, Johanna Ngawrare en Maria Silolo is besig om kunswerke te skep op Jungle Tots se speelgrond.
Jordan Viljoen speel op Jungle Tots se hindernisbaan met die hulp van Patricia Nieman en leer so speel-speel om te balanseer.
Komane Chashane se klein motoriese vaardighede word gestimuleer deur blokkiespel by Jungle Tots.
Maximus Markgraaf en Remo Mphahlele geniet die balspelsessie by Jungle Tots.
Chloe O’Linskay klouter met behulp van haar juffrou, Patricia Nieman, teen Jungle Tots se kloutermuur op.
Chloe O’Linskay beweeg met die hulp van haar juffrou, Patricia Nieman, oor die hindernisbaan.
Nedine Janse van Rensburg wys hoe sy Migael Greeff se ontwikkeling op spesiaal ontwerpte toerusting stimuleer.
Reed le Roux, Rendi Mashau, Robert Sekhu, Aanchal Pagadakula en Ore Molepo geniet die waterspel by Jungle Tots.
Lekker in die modder. Voor staan Lugion Steenkamp en Tinyko Mdlovu en Hardus Bezuidenhout staan agter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!