NewsSchools

Dié tradisie is hul trots

Review het met leerders van Hoërskool Pietersburg en die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor bloedskenk.

Met die somervakansie net om die draai en die aanvraag na skenkerbloed ekstra hoog, het Review met leerders van Hoërskool Pietersburg en die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor bloedskenk.

Zelda van Jaarsveld, onderwyser van PHS, is reeds 13 jaar lank ‘n kampvegter vir die bloedbank. Sy moedig graag ander leerders aan om bloed te skenk.

“Dis nie moeilik om leerders te kry om bloed te skenk nie. Baie van ons leerders is gemeenskapsgeoriënteerd en baie bewus van die verskil wat selfs net een skenking kan maak.”

Sanet Weidemann, onderwyser van Tom Naudé, is baie trots op haar skool se bloedskenktradisie.

“Ons moedig kinders aan deur vir hulle positiewe punte te gee wanneer hulle bloedskenk. Sodra ‘n leerder ‘n sekere aantal positiewe punte bymekaargemaak het, kry hy ‘n balkie,” sê sy.

Beide PHS en Tom Naudé bied elke drie maande ‘n bloedskenkaksie by die skole aan. Dan word ‘n lokaal gekies waar onderwysers en leerders kan bloedskenk. “Ons kan ongelukkig nie meer geleenthede skep om bloed te skenk by die skool nie, want dit is baie ontwrigtend,” sê Zelda.

PHS het 10 verteenwoordigers wat aan die begin van elke jaar opleiding ontvang om ander aan te moedig om bloed te skenk. Onderwysers is ook baie betrokke by hierdie proses en maak seker dat hulle ‘n goeie voorbeeld stel deur ook bloed te skenk op ‘n gereelde basis.

Sanet vertel dat Tom Naudé se leerders deur om bloed te skenk leer om terug te gee aan die gemeenskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button