NewsSchools

HTS-skoolverlaters vertel van planne

Review met 'n paar skoolverlaters van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor wat hulle beplan vir die vakansie na die eksamen.

Midde-in die gr. 12 eindeksamen het Review met ‘n paar skoolverlaters van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor wat hulle beplan vir die vakansie na die eksamen.

Hein Korff beplan om in die VS by die weermag aan te sluit. “Ek sien baie uit daarna en kan nie meer wag nie,” vertel hy. “In die vakansie gaan ek bietjie Badplaas toe.”

Marlien Britz en Hannelize van Rooyen wil volgende jaar gaan skoolhou en deeltyds onderwys studeer. Hulle het nie spesifieke planne vir die vakansie nie, maar Marlien sê sy gaan kinders oppas.

Hano Steynberg is op pad Paarl toe, waar hy ‘n kombinasie van meganisasie- en elektriese-ingenieurswetenskap by Millwright College gaan studeer.

“Ek sal produksiemasjiene kan installeer. In die vakansie gaan ek bietjie Balito en Ellisras toe.”

Gene van Wyk is van plan om na haar vakansie in die Kaap, haarself in Potchefstroom te gaan vestig waar sy onderwys gaan studeer. “Ek gaan leer hoe om met kinders in die vroeë grade (gr. R tot gr. 3) te werk. Ek sien baie uit daarna.”

Mpumi Sekele gaan ook universiteit toe. “Ek is nog nie seker waarheen ek gaan nie, maar ek beplan om meganiese ingenieurswese te studeer.”

Nyiko Matsimbi beplan om regte aan die Universiteit van Johannesburg te studeer.

“Hierdie vakansie gaan ek so min as moontlik doen en ontspan voor ek weer hard moet begin werk,” vertel hy.

Marlien Britz en Hannelize van Rooyen.
Marlien Britz en Hannelize van Rooyen.
Mpumi Sekele en Nyiko Matsimbi.
Mpumi Sekele en Nyiko Matsimbi.
Hano Steynberg.
Hano Steynberg.
Gene van Wyk.
Gene van Wyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button