NewsSchools

PLS-opedag vir gr. R’e

Laerskool Pietersburg het 'n opedag aangebied vir die gr. R-leerders wat in 2014 by die skool aansluit.

Laerskool Pietersburg het Vrydag ‘n opedag aangebied vir die gr. R-leerders wat in 2014 by die skool aansluit.

Ouers en leerders het die geleentheid gehad om te sien hoe die klasse lyk, hoe die dag en week se roetine verloop en om die onderwysers te ontmoet.

“Ons is baie opgewonde oor volgende jaar, dit lyk of Shaun-Rico dit baie hier sal geniet,” het sy ouma, Mariana van den Bergh, vertel.

“Die opedag is die begin van ‘n blywende vennootskap wat gesluit word tussen die ouers, hul kosbare kinders en die personeel van Pietersburg Laerskool. Ons slaag ook daarin om die kinders te bemagtig om 2014 met selfvertroue hul skoolloopbaan in ‘n bekende omgewing te begin. Ons skool is geseënd met pragtige kinders,” het die gr. R-graadhoof, Liana Bredenkamp, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button