Noordskool se skoolhoof, Attie Visagie is sommer baie trots op sy sportsterre. Hulle is rugbyspeler van die jaar, Thabang Mathole, netbalspeler van die jaar, Ndzalama Lubisi, krieketspeler van die jaar, Tyrique Kotze, en atleet van die jaar, Remoneiloe Phasha.
Laerskool Pietersburg-Noord het verlede Donderdag hulle top-sportpresteerders aangewys tydens die skool se prysuitdelingseremonie.
Leerders is vereer vir hul prestasies in verskeie sportsoorte.
Noordskool se sportmeisie van die jaar, Remoneiloe Phasha, en sportseun van die jaar, Ofentse Maubane, word deur die skool se hoof, Attie Visagie, gelukgewens.Noordskool se netbalspelers van die jaar is voor, Onalenna Mphahlele, Phunza Ramavhunga, Vunene Mabuza, Tebelo Mamatsalo, Akonaho Mudzuli en Bonolo Maleka. Agter is Sewela Manyashi, Mapheme Phokanoka, Ndzalama Lubisi, Whiane de Jongh, Tshidi Monanyane en Karabo Diphela.Noordskool se rugbyspelers van die jaar is Mukhethwa Thisfura (o/9), Lungile Mokwena (o/10), Thabang Rampaudi (o/11), Kagiso Hlabyago (tweede span) en Thabang Mathole (eerste span).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!