Sheraline Serumula is Noordskool se top-presteerder in sosiale wetenskap en ekonomiese bedryfswetenskap. Hier wens een van haar onderwysers, Pieter Theron, haar geluk.
Leerders van die Laerskool Pietersburg-Noord wat uitgeblink het deur die jaar, is verlede Vrydag by die skool se jaarlikse prysuitdeling beloon vir hulle harde werk.
Giovani Kaba, in gr.7, het die Stoffel Grobler-trofee ge-wen as toppresteerder in Afrikaans-eerstetaal met ‘n gemiddeld van 76%. Giovani het ook weggestap met die trofee vir Engels tweedetaal met 84%.
Ndzalama Lubisi, ook in gr.7, is as die beste presteerder in Engels eerstetaal aangewys met ‘n gemiddeld van 92% .
Die wiskundewisseltrofee het gegaan aan Remononeiloe Phasha, in gr.7, wat 97% behaal het. Sheraline Serumula, ook in gr.7, is as beste presteerder in sosiale wetenskap, met ‘n ge-middeld van 86% aangewys.
Desiree Buys, gr.7, is as toppresteerder in Afrikaans tweedetaal aangewys met ‘n gemiddeld van 89%. Sy was ook die toppresteerder in natuur en skeikunde met 93%, tegnologie, met 85%, lewens-oriëntering, met 94%, en kuns en kultuur, met 91%.
Desiree is ook aangewys as die algehele toppresteerder en Dux-leerder van 2013.
Sheraline Serumula is Noordskool se top-presteerder in sosiale wetenskap en ekonomiese bedryfswetenskap. Hier wens een van haar onderwysers, Pieter Theron, haar geluk.
Hannalie Snyman is baie trots op Remononeiloe Phasha wat as Noordskool se top-wiskundeleerder aangewys is.
Giovani Kaba wys die Stoffel Grobler-trofee wat sy gewen het vir haar prestasie in Engels eerstetaal. By haar is Hannalie Snyman.
Giovani Kaba, Ndzalama Lubisi en hulle onderwyser vir Engels, Yvette de Wet, wys die trofeë wat dié twee leerders vir Engels gewen het.
Desiree Buys en Giovani Kaba, hier saam met Afrikaanse onderwyser, Daleen Visser, spog met hulle trofeë vir Engels en Afrikaans tweedetaal onderskeidelik.
Desiree Buys is as Noordskool se Dux-leerder aangewys. Hier is sy en skoolhoof, Attie Visagie, in ligte luim.
Noorskool se vakpryswenners is voor, Tendai Kgopa (Stimulus Maksima, algehele wenner). Agter is Koketso Seremula (sosiale wetenskap en ekonomiese bedryfs-wetenskap), Desiree Buys (natuur- en skeikunde, lewensoriëntering, kuns en kultuur, tegnologie, Afrikaans, Dux-leerder), Giovani Kaba (Afrikaans en Engels), Remoneiloe Phasha (wiskunde) en Ndzalama Lubisi (Engels). By hulle is skoolhoof, Attie Visagie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!