Local NewsNews

Tuinbouklub ontmoet nuwe bestuur

Die Pietersburg Tuinbouklub het verlede Dinsdag 'n maandvergadering gehad waartydens die klub se nuwe bestuur voorgestel is.

POLOKWANE – Die Pietersburg Tuinbouklub het verlede Dinsdag ‘n maandvergadering gehad waartydens die klub se nuwe bestuur voorgestel is.

Bret Hughes, eienaar van Retsini Kwekery, het nuwe plante aan die groep bekend gestel.

Plante soos die Wilde Perskeboom, Libertia Goldfinger en Gardenia Radicans is van die plante wat hy bekend gestel het.

“As jy die Gardenia Radicans op die regte tyd plant, kry jy goeie resultate,” vertel hy. Ook het hy aan die groep verduidelik dat hulle struike effens na die binnekant toe moet snoei aan die bokant van die plant sodat die son die blare aan die onderkant kan bereik.

Hy het ook plastiek vasbinders aan die groep bekend gestel.

Dié vasbinders word gebruik om bome aan stutpale vas te bind sodat die wind dit nie om waai nie.

Al die plante wat hy bekendgestel het is deur middel van ‘n loting weggegee.

Die nuwe bestuur is Melinda Potgieter (voorsitter), Erika du Toit, Jakkie Badenhosrt, Jeanne Bergh, Christine Nel, Fien van der Westhuizen, René Bonthuys, Theresa Pretorius, Hilda Hatting, Linda Liebenberg, Martie Janse van Rensburg en Marie Grobler.

Die klub ontmoet een keer ‘n maand en die aansluitingfooi is R200.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button