Re/Max se harte is groot
RE/MAX Northland Realty in Polokwane het hierdie jaar vir die eerste keer deel geneem aan 'n jaarlikse speelgoed- en boekinsamelingsinitiatief van die RE/MAX Foundation.
POLOKWANE – RE/MAX Northland Realty in Polokwane het hierdie jaar vir die eerste keer deel geneem aan ‘n jaarlikse speelgoed- en boekinsamelingsinitiatief van die RE/MAX Foundation.
Die projek het behels dat RE/MAX se personeel bokse by verskeie besighede geplaas het waarin weldoeners dan donasies van speelgoed en boeke kon plaas.
Dié speelgoed en boeke is Dinsdag aan Hoop vir Kinders, ‘n organisasie sonder winsbejag in Polokwane, oorhandig.
RE/MAX se personeel het die bokse neergesit by Platinumpark Spar.
Bemarking van die projek het reeds in Desember begin en die projek het amptelik teen die einde van Desember afgeskop en teen einde Januarie ten einde geloop.
Volgens Wilsie Oosthuizen, eienaar van RE/MAX Northland Realty, het die insameling meer speelgoed en boeke opgelewer as wat hulle verwag het.
Maryna Kruger van Hoop vir Kinders het gesê sy is baie opgewonde oor al die speelgoed wat hulle gekry het.
Sy het vertel dat hulle die items wat hulle nie kan gebruik nie, verder sal uitdeel en seker maak dit gaan aan instansies en gesinne waar dit nodig is.
Oosthuizen het gesê RE/MAX wil nog sulke projekte in die toekoms aanpak.”Ons wil graag die bejaarde mense in die stad ook help,” het hy verduidelik.
Vir meer inligting oor dié project, kontak RE/MAX by (015) 297 1863 of Hoop vir Kinders by (015) 295 7934.
Om ‘n donasie aan Hoop vir Kinders te maak:
Bank: ABSA
Rekening naam: Hoop vir kinders
Rekeningnommer: 4064 899 093
Takkode: 632 156.
Die RE/MAX Foundation is ‘n geregistreede organisasie sonder winsbejag en enige skenkings wat aan hulle gemaak word kan van belasting geëis word.
Hulle is afhanklik van skenkings van die publiek en ander organisasies.




