Local News

Polokwane skoolhoof deel Vadersdag-boodskap oor gesin en waardes

In ’n skoolomgewing waar leerders uit verskillende agtergronde kom, speel leiding en deernis ’n belangrike rol.

POLOKWANE – Biologiese verwantskap, of bloed, alleen maak nie van ‘n man ‘n pa nie; ‘n ware pa is iemand wat teenwoordig is, liefde gee, ondersteun en sy kinders deur die lewe lei. Deur belangstelling in ‘n kind se lewe te toon en net daar te wees vir hom, speel ‘n man ‘n groot rol in ‘n kind se lewe.

Werner Christou is nie net ‘n pa vir twee jong seuns en ‘n peuter-dogter nie, maar ook vir elke leerder in Laerskool Piet Hugo, waar hy skoolhoof is.

Geloof en waardes as fondament

Christou is dit eens dat om ‘n Godvresende mens te wees en God volkome in jou hart te hê en dit uit te leef, eienskappe van ‘n goeie pa is.

Voorbeeldstelling en tyd vir gesin

“Jy moet altyd die voorbeeld wees. Respek en eerlikheid is waardes wat ek as uiters belangrik beskou wat elke pa moet hê. Gee jouself volkome aan jou gesin en maak altyd tyd vir hulle, want tyd is kosbaar en ons is nooit gewaarborg van tyd nie. Maak tyd, al is dit vyf minute, want daardie vyf minute sal nooit weer opgevang word as dit eers verby is nie.

“Prioritiseer jouself want jou omgee, liefde en tyd aan jou gesin is ‘n belegging in jou lewe en in hulle s’n. Maak altyd tyd, al is jy hoe moeg.”

Vadersdag en dankbaarheid

Christou sê Vadersdag vir hom is die herinnering om te besef hoe geseënd hy as ‘n pa is om die voorreg te hê om wonderlike kinders te kan hê en om ook met soveel kinders te werk by die skool en as ‘n vaderlike figuur ‘n verskil in elkeen se lewe te maak na die beste van sy vermoë.” 

Die belang van vaderfigure in kinders se lewe

Vir Christou is dit belangrik dat elke seun en dogter in die lewe ‘n vaderfiguur het om die nodige waardes te leer en so ook geliefd en waardeer te voel.

Dit bring die beste in elke leerder uit. Tog is balans belangrik.

Balans tussen skool en gesin

“As hoof is ek bevoorreg om twee families te hê; my persoonlike gesin, en die skoolfamilie. Elke leerder het liefde en ondersteuning nodig, wat ek aan elkeen gee.

“My gesin is egter my ‘happy place’ en absolute ondersteuningspilaar. Hulle is van kardinale belang in my geestelike gesondheid en ek glo familie is die basis van elke mens se geluk. Ek benut elke moontlike oomblik saam met my gesin.”

Skoolhoof van Laerskool Piet Hugo, Werner Christou, saam met sy drie kinders, Meney, Ewan en Welrich.

Waardes vir kinders se groei

Respek, geloof, liefde, omgee, dankbaarheid en verantwoordelikheid, is volgens Christou die hoekstene van enige kind se groei in die samelewing.

Kinders leer verskeie lesse by hulle pa’s en Christou sê wanneer jy hard werk in die lewe sal jy altyd die vrugte daarvan pluk.

Geloof, deursettingsvermoë en voorbeeld

“Lewe altyd in God se weë, jy kan alles doen met Hom aan jou sy.

“Niks in die lewe kom verniet nie en ons moet met sterk wilskrag leef om die wêreld om jou te verander. Wees die verskil.”

Die impak van omgee en vaderlike leiding

As hoof van die skool het Christou geleer dat elke kind geliefd moet wees en aanvaarding nodig het.

“Die kleinste daad kan ‘n wesenlike verskil in iemand se lewe maak en hom voorberei vir die volwasse lewe. Ek as hoof en opvoeder moet altyd die voorbeeld met deernis, omgee en liefde wees vir die kinders wat nie voorbeelde het nie. Waar kinders sonder pa’s se liefde groot word, ontbreek respek teenoor die samelewing.

“Soveel van ons jong seuns word sonder pa’s groot, en daar is ‘n gebrek aan liefde en respek teenoor hulle medemens, waardes en norme om suksesvolle jong mans te word. ‘n Pa is ‘n voorbeeld van hoe ‘n man ‘n vrou moet hanteer en op die hande dra.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button