Local NewsNews

Super 6 is nou Super 8

Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het oor die naweek hul jaarlikse Super 8-toernooi aangebied waar agt skole van Limpopo en Mpumalanga mekaar die stryd in verskeie wintersporte aangesê het op die sportvelde van Noordskool en Hoërskool Pietersburg.

Riana Joubert

riana@nmgroup.co.za

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het oor die naweek hul jaarlikse Super 8-toernooi aangebied waar agt skole van Limpopo en Mpumalanga mekaar die stryd in verskeie wintersporte aangesê het op die sportvelde van Noordskool en Hoërskool Pietersburg. Op Vrydag is die skole by die skoolsaal van Noordskool onthaal met ‘n ete, geskenke en ‘n heerlike kuiersessie voor die volgende dag se harde spel. Die toernooi wat vroeër jare bekend gestaan het as die Super 6, is hierdie jaar vergroot na die Super 8 nadat twee skole hul by die toernooi aangesluit het.

Die deelnemende skole was:

• Noordskool;

• Laerskool Bosveld van

Lephalale;

• Laerskool Bergland;

• Laerskool Krugerpark;

• Laerskool Louis Trichardt;

• Laerskool Lydenburg;

• Laerskool Phalaborwa;

en

• Laerskool Thabizimbi.

Die totale punte wat elke skool in beide die netbal en rugby wedstryde behaal het is bymekaar gevoeg om die algehele punt te verkry in elk van die sportsoorte. Om die groottotaal op die dag te bereken is die totale rugby- en netbalpunte bymekaar getel en is die wenskool daarvolgens aangewys.

“Dit was weereens ‘n groot voorreg om die skole te onthaal en ons sien daarna uit om volgende jaar nog groter en beter te wees. Baie geluk aan die spanne met hulle goeie prestasies en ons sien uit an harde werk wat voorlê vir die spanne wat nie so goed gevaar het as wat ons gehoop het nie,” het die skoolhoof van Noordskool, Attie Visagie, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button