Local NewsNews

Elmarie veg dapper

In Februarie het Review berig oor Elmarie Kruger wat in Maart 2013 siek begin voel het en wat 'n biopsie, kolonoskopie en moontlike operasie moes ondergaan.

POLOKWANE – In Februarie het Review berig oor Elmarie Kruger wat in Maart 2013 siek begin voel het en wat ‘n biopsie, kolonoskopie en moontlike operasie moes ondergaan.

Omdat sy nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, het Elmarie se vriende en familie fondsinsamelingsgeleenthede gereël om die nodige fondse vir hierdie mediese prosedures in te samel.

Intussen het Elmarie vir die biopsie en kolonoskopie gegaan en dokters het kanker van die dikderm gediagnoseer.

Op 8 April is ‘n kolostomiesakkie vir Elmarie ingesit en sy het aan Review vertel dat dié sakkie baie ongemaklik is om mee saam te leef.

Vandag (Dinsdag) sou sy met chemoterapie en bestraling begin wat vir ses weke beplan is. Dié behandelings word aangewend om te verhoed dat die kanker versprei.

Na die ses weke van chemoterapie en bestraling sal sy weer ‘n operasie ondergaan waar dokters die oorblywende kankerselle chirurgies sal verwyder.

“Ons behoort steeds nie aan ‘n mediese fonds nie en gebruik maar die geld wat ons tot ons beskikking het so versigtig as moontlik,” het Elmarie vertel.

“Ek voel nie lekker nie en dis groot bekommernisse wat oor ons hang, maar met die Here se genade sal ons daardeur kom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button