Local NewsNews

Kansa se basaar ‘n groot treffer

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het verlede Saterdag 'n heerlike tradisionele basaar aangebied om geld in te samel vir die Kansa Theunis Fichardt Hospitium in Polokwane.

POLOKWANE – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het verlede Saterdag ‘n heerlike tradisionele basaar aangebied om geld in te samel vir die Kansa Theunis Fichardt Hospitium in Polokwane.

Die geld wat ingesamel is, is geoormerk om minder bevoorregte pasiënte, wat in die hospitium lê maar nie die onkoste kan bybring nie, te help.

Die ontbyt, ‘n bordvol “boerebrêkvis”, was ‘n groot trekpleister vir die feesgangers.

Die basaar het stalletjies na elkeen se smaak gehad. Daar was pannekoek- en stokworsietafels, ‘n witolifanttafel, ‘n kindertafel met speelgoed te koop en nog vele meer.

Die beskuit, grootkoeke en kleinkoekies het blitsvinnig van die tafels verdwyn soos wat feesgangers dit opgeraap het.

Daar was ook berge groente en ‘n verskeidenheid vrugtesoorte waarvan besoe-kers kon kies.

Leerders van Capricorn High School het vrywilligheidswerk gedoen en opgeruim tydens en ná die basaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button