Placécol maak haar naels en voete mooi
Wanneer 'n bruid haar perfekte troudag beplan, is dit dikwels die detail van die dag wat ekstra aandag moet geniet om te verseker dat elke oomblik perfek is.
POLOKWANE – Wanneer ‘n bruid haar perfekte troudag beplan, is dit dikwels die detail van die dag wat ekstra aandag moet geniet om te verseker dat elke oomblik perfek is.
Een van die details waaraan die meeste bruide baie aandag gee, is om pragtige naels te hê vir daardie nabyskote van haar trouring en wanneer sy die huweliksregister teken.
Review se bruid, Bernadine Hugo, is verseker dat haar naels perfek vir haar groot dag gaan wees.
Placécol Skin Care Clinic Cycad se vriendelike personeel het onderneem om nie net vir Bernadine ‘n manikuur en pedikuur te gee voor haar troue nie, maar ook ‘n rug- en nekmassesing.
“Ons het betrokke geraak by die projek omdat ek daarna streef om elke vrou beter te laat voel oor haarself. Ek voel geëerd om deel te wees van hierdie projek, want as ek Bernadine goed kan laat voel op haar troudag, sal dit my baie bevrediging gee,” sê Jasmin Jardim, eienaar van Placécol Skin Care Clinic Cycad.
Placécol se velsorgprodukte, tegnologies gevorderde behandelings en klinieke word wyd erken vir die waardevolle bydrae wat hulle maak tot die skoonheidsbedryf asook vir hul uitstekende diens aan miljoene kliënte.
Placécol is verbind tot voortdurende innovering en fokus op ‘n hoë kwaliteit produk en behandeling wat sigbare resultate aan kliente bied. Dit maak ‘n positiewe verskil in die wêreld deur self-verbetering en self-bemagtiging van personeel sowel as die verbetering van selfbeeld van die kliënte.
Die jongste tegnologie in teen-veroudering is onlangs deur Placécol Skin Care Clinics bekend gestel wat hulle op die voorgrond van ontwikkeling plaas.
“Placécol bring professionele produkte, behandelings en tegnologie teen pryse wat waarde bied aan die publiek. Ons gebruik ook tegnologie wat wetenskaplik beproef is as veilig en effektief,” sê Yasmin.
Catherine Morudu, die naeltegnikus was verantwoordelik sal wees vir Bernadine se naels, sê sy sien uit daarna om Bernadine soos ‘n prinses te laat lyk.
“Ek is regtig opgewonde oor wat Placécol Skin Care Clinic Cycad vir my gaan doen vir my troudag. My naels gaan naelpunte op kry en my voete gaan behandel word,” vertel sy.



