NewsOpinionSchools

Waarom dié Tommies nie nou laatlê nie

Winter is 'n tyd vir laatlê in 'n snoesige bed, warm sjokolade drankies en flieks, maar vir sekere Tom Naudé-leerders is dit skouer aan die wiel sit by die winterskool.

POLOKWANE – Winter is ‘n tyd vir laatlê in ‘n snoesige bed, warm sjokolade drankies en flieks, maar vir sekere Tom Naudé-leerders is dit skouer aan die wiel sit by die winterskool.

Die winterskool bestaan uit ekstra klasse wat gr. 12 leerders voorberei op die eindeksamen. Review het met ‘n paar Tommies gaan gesels om te hoor waarom hulle die winterskool bywoon.

Reon van der Merwe vertel hy woon winterskool by om beter punte te behaal in die rekord- en eindeksamen. “Ek wil ook graag my wiskundepunte verbeter. Gr. 12 is ‘n moeilike jaar met baie werk en daar is min tyd om dit te behandel. Winterskool is goed want dit gee jou eksta hulp.”

Marné du Bruyn voel dat hoe meer werk sy nou doen, hoe minder hoef sy later te doen kort voor die eksamen. Sy dink dat winterskool beslis die moeite werd is aangesien dit jou help om iets wat jy nie verstaan beter te verstaan, “as jy nou hard werk sal jy die vrugte pluk”.

Chané Fourie is ook by die winterskool om meer te leer en goeie punte te behaal aan die einde van die jaar. “Ek dink winterskool is ‘n goeie ding aangesien jy meer kennis opdoen en dit help met hersiening.”

Ashely Malebe vertel hy sukkel met Afrikaans, wiskunde en wetenskap en wil graag beter doen in toetse en daarom woon hy winterskool by. “Die onderwysers kry nie in gewone skoolure klaar met die sillabus nie en dus is winterskool ‘n goeie tyd om in te haal op agterstallige werk. Ek sal definitief ander leerders aanraai om winterskool by te woon sodat hulle punte ook kan verbeter.”

Erik Viljoen woon winterskool by om die kanse om sy rekordeksamen asook eindeksamen te slaag te verbeter. “Ek voel winterskool gaan my baie help met my eksamen en ek sal ander leerders aanraai om dit ook by te woon aangesien winterskool almal kan help.”

Vir Dehan Visagie is die winterskool ‘n geleentheid om voor te berei om die komende eksamen. “Dit help jou om jou punte te verbeter en jou te help om die vakke te slag.” Hy raai ook ander leerders aan om winterskool by te woon.

Paula Kotze is by die winterskool om meer te leer en voel dit is ‘n geleentheid om haar te help om haar vakke te slaag.

Sy voel ook dat leerders wat winterskool bywoon hulle werk beter gaan verstaan.

“Ek wil goed doen die jaar en daarom woon ek die winterskool by. Dit help om meer leerervaring op te doen,” vertel Eleanor Reynecke.

Sy raai ander leerders aan om dit ook by te woon aangesien hulle dan beter in hulle toetse sal vaar.

Marnus Badenhorst voel dat die individuele aandag wat hy by die winterskool kry tot sy voordeel is. “Die rekordeksamen is om die draai en hier by die winterskool leer ons geweldig baie.

“Gr. 12 is die moeilikste jaar en jy moet harder leer, en winterskool help beslis daarmee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button