Local NewsNews

Buffeljag-kompetisiewenners maak gereed vir opwindende jagtogte

Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie het in Februarie hul Trofee Buffeljag-kompetisie geloods en die wenners is verlede Vrydagaand aangekondig.

POLOKWANE – Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie het in Februarie hul Trofee Buffeljag-kompetisie geloods en die wenners is verlede Vrydagaand aangekondig.

Federasielede het lotingkaartjies aan be-langstellendes regoor die land verkoop teen R100 per kaartjie. Meer as 2 000 inskrywings is ontvang en die vraag vir die kompetisie was: wie bied hierdie kompetisie aan?

Corneli Strijdom, een van die organiseerders van die kompetisie, het gesê die geld wat ingesamel is sal vir die pryse gegaan en die res vir kluiduifskiet in Limpopo.

Wenners:

1. Paul Michau van Kyalami Estates in Johannesburg wen ‘n buffeljag ter waarde van R100 000. Die prys sluit akkommodasie vir vyf dae vir twee persone, etes en nie-alkoholiese drankies, ‘n professionele jagter, jagvoertuig en spoorsnyer, asook die voorbereiding van trofee in.

2. Charlotte van den Berg van Polokwane wen ‘n jagpakket ter waarde van R30 000. Die prys sluit akkommodasie vir drie dae vir twee persone, etes, ‘n jag te voet, een eland- of koedoebul, een gemsbokbul, een bosbokram, twee rooibokramme en twee vlakvarke in.

3. Johan Coetzee van Polokwane wen ‘n jagpakket ter waarde van R20 000. Die prys sluit akkommodasie vir drie dae vir twee persone, alle etes asook ‘n jag te voet, een koedoebul, drie rooibokramme, twee rooibokooie en een vlakvark in.

Die drie wenjagte sal volgens Strijdom in Augustus plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button