Makhado Relay-bestuur soek lede
Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Kansa Relay For Life-bestuurs-komitee in Makhado, glo die yster moet ge-smee word terwyl hy nog warm is.
MKHADO – Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Kansa Relay For Life-bestuurs-komitee in Makhado, glo die yster moet ge-smee word terwyl hy nog warm is.
Daarom wil hy volgende jaar se byeenkoms kort op die hakke van vanjaar se byeenkoms begin aanmekaarslaan.
Die volgende Kansa Relay For Life in Makhado sal op 13 en 14 Maart volgende jaar by Hoërskool Louis Trichardt plaasvind.
“Die goeie nuus is dat die staanplekke volgende jaar aansienlik groter gaan wees, maar die slegte nuus is dat daar minder staanplekke beskikbaar sal wees,” sê Meissenheimer.
“Daarom is dit belangrik dat die spanne wat wil deelneem so gou as moontlik moet inskryf om teleurstelling te voorkom,” verduidelik hy.
Meissenheimer sê daar is ook vakante verwilligersposte op die bestuurskomitee wat gevul moet word.
Die poste sluit in:
• Luminaria-seremonie, een pos;
• Bemarking, twee poste;
• Spyseniering, twee poste;
• Spanwerwing, drie poste, en
• jeugwerwing, twee poste.
Vir meer inligting oor die Relay For Life-byeenkoms en hoe om betrokke te raak, kontak Meissenheimer by 082 789 3927.



