Local NewsNews

Hartaanval, beroerte op een dag

Ds. Carel Grundlingh (33) van die N.G. Kerk Pietersburg is Woensdag in 'n hospitaal in Vereeniging opgeneem nadat hy 'n hartaanval en 'n ligte beroerte gehad het.

POLOKWANE – Ds. Carel Grundlingh (33) van die N.G. Kerk Pietersburg is Woensdag in ‘n hospitaal in Vereeniging opgeneem nadat hy ‘n hartaanval en ‘n ligte beroerte gehad het.

Volgens Grundlingh se kollega, ds. Wynand van Beek, het hy van pyn agter die blad gekla en is hy in die hospitaal opgeneem na hy ‘n dokter gesien het.

Van Beek se vrou, Petro het volgens hom kontak gehad met Grundlingh se vrou, Vena, en het vertel dat Grundlingh die naweek nog in die intensiewesorgeenheid was, maar dat hy buite gevaar is en gister (Maandag) na ‘n gewone saal geskuif sou word. Hy het glo Saterdag reeds regop gesit in die hospitaal.

Die beroerte was blykbaar nie ernstig van aard nie en daar was geen bloeding op sy brein nie.

Van Beek beskryf Grundlingh as ‘n fikse mens.

Ds. Deon Haumann, ‘n kollega, sê dat Carel se toestand stabiel is en dat hy goed op medikasie reageer.

Die gesin se oudste kind is 18 maande oud en Vena is tans swanger met hul tweede kind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button