So braai die manne saam. Sowat 50 mense het bymekaargekom vir die inwoners van Limpopolaan in Peninapark se Erfenisdag-straatbraai Woensdag.
Inwoners van Limpopolaan in Peninapark het Erfenisdag gevier met ‘n feestelike straatbraai.
Hans Liddle het die braai gereël.
“Dis lekker om te braai en daarom het ek besluit om my familie, vriende en bure te nooi vir ‘n straatbraai vir Erfenisdag.
“Ons kuier lekker met twee skape op die braai, wors, pap en sous met slaaie en iets om te drink,” het hy verduidelik.
Sowat 50 mense het dié Erfenisdag-braai saam met Liddle en sy familie geniet.
Vroue gesels onder die koeltebome terwyl hulle mans na die vleis omsien by Limpopolaan in Peninapark se Erfenisdag-straatbraai Woensdag.Kinders soek skuiling teen die son na ‘n heerlike dag van speel by Limpopolaan in Peninapark se Erfenisdag-straatbraai verlede Woensdag.Francois van Niekerk en Paul, Hans en Hans Liddle maak seker die pot pap prut gesellig tydens Limpopolaan in Peninapark se Erfenisdag-straatbraai verlede Woensdag.Julian Prinsloo drink solank ‘n koeldran-kie terwyl hy wag vir die skaapvleis om gaar te word by Limpopolaan in Peninapark se Erfenisdag-straatbraai Woensdag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!