Handsakke, prosa en lieflike poësie
Die lede van die Finesse-aandtak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het 'n oggend van prosa en poësie geniet
Die lede van die Finesse-aandtak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het ‘n oggend van prosa en poësie van bekende Suid-Afrikaanse skrywers en digters geniet verlede Saterdag.
Lorraine Prinsloo en haar dogter, Lona, het die vroue vermaak met uitstekende uit-voerings. Die oggend se vermaak het nie net uit letterkunde bestaan nie, die mans van plaaslike kamerkoor, Ensemble Esprit, het drie liedjies gesing en ‘n staande ovasie gekry.
Die damestee is in Laerskool Pietersburg-Oos se skoolsaal aangebied en die tema was Skoene en Handsakke Leef die Lewe.
Meer as 100 vroue het die damestee bygewoon en kaartjies het R120 per persoon gekos. Dit het ‘n koppie tee, ‘n vingerete, ‘n kolwyntjie-skoen en tydskrif met Manakwalandse madeliefiesade ingesluit.
Daar was ook verskillende stalletjies by die damestee wat borduurwerk, plastiekware en kookware, bababenodighede en vele meer uitgestal het.
Alta van Aardt, voorsitter van die Finesse-aandtak het elke gas bedank vir hul ondersteuing. “Dankie aan die dames wat gewerk en kaartjies verkoop het en ‘n spesiale dankie aan die manne van Ensemble Esprit koor asook Lorraine Prinsloo en haar dogter Llona vir hulle opvoerings. Dankie ook aan elke uitstaller.







